Ek
maak die blou woorde
in stom stilte
voor my nat.
Met lou trane
van
ou herrineringe wat
by
die Fontein van Verlange,
diep hier binne
in my hart,
sonder keer op
wel en borrel,
en
dan by my oe oorloop.
Gesmelte woorde
kruip
om hul
naastes uit te moor.
Die skrif
verdrink,
dit
syfer weg en raak verloor,
en
net half verminkte sinne
se
krulle bly oor as spoor
van gewonde pyn gedagtes
wat
ek met rou hartseer doop.
Ek dink die heeltyd aan jou,
al die vele gisters, vandag en nou.
Dink jy nog nou en dan aan my,
of het jy my ook al klaar vergeet?
Waarom kom jy my dan nie red nie
soos met al die kere vantevore,
want alleen Die Here weet,
ek het jou nou nodiger as ooit,
sonder jou is ek verlore?
Soos die rye woorde,
voor my op die lessenaar,
raak jou skimbeeld
ook al dowwer
en deurmekaar.
So verdwyn n stukkie
legkaart
uur na dag na
week na jaar
en los jy
stadig, stadig op
in stille verlede
tyd.
n Kruis is al
teken
van
jou vlietende bestaan.
Jy’s vir ewig
na Vader Dood
se kluis verban,
maar in drome
onder die lig
van n dowwe skrikkel
maan
vind ek tog n
towersleiutel
om die slot weer
oop te sluit.
Waar ek gaan sal ek jou vat,
gebere in mooi prentjies in my hart.
Jou lag, jou lyf, jou oe, jy,
alles wat van jou my droomvrou maak.
Ek bly lewe in die verlede,
en teer in die verlore towertyd
op lang vergete vrede,
want my toekoms is sonder keuse,
by jou bagasie ingesluit.