Friday 23 October 2015

Is alles die moeite werd?

Kraai se gevoelens oor die lewe kan die beste beskryf word deur die twee gedigte hieronder. Ek sal my  sienings op n latere datum post.

Robert Lee Frost was n Amerikaanse digter wie met vier Pulitzer Pryse vir Digkuns gedurende sy leeftyd vereer is. In sy gedig “A Question” vra hy n vraag, op n pragtige manier, wat die pessimistiese Kraai gereeld, sonder aanvraag, deur my kop stuur.

A Question
A voice said: Look me in the stars
and tell me truly men of earth
if all the soul-and-body scars
were not too much to pay for birth

Dit is een van my gunsteling gedigte. Kort en kragtig.

Lank, lank gelede, toe perde nog horings gehad het, het Kraai ook probeer om dieselfde gevoel neer te pen in die gedig “Waar is my Prozac?” Tot sy verdediging moet ek net se dat dit geskryf is lank voordat ons Frost ontdek het. So oordeel asseblief maar sagkuns.

Waar is my Prozac?
Op n manier is God meer as gevoeloos.
En op n manier is die liefde ook.
Net uit genade tel Hy jou op,
uit die stof,
vorm die klei,
maar laat jou half gebroke.
Hy blaas lewe deur jou nek,
sodat jy kan asemhaal,
en sit jou dan in hierdie plek,
en wag rustig dat jy moet faal.
Die hartseerste van alles is,
dit voel vir my Hy line ons op.

Op n manier is die liefde nutteloos
En op n manier is die lewe ook.
Herringeringe wat jy saam sleep,
raak morsig,
daarna verlep,
en laat jou saam met spoke slaap.
Selfs die een wat jy bemin
los littekens in jou hart.
Liefde gee dalk die lewe sin,
maar wat jy leen word terug gevat.
Die hartseerste van alles is,
ek weet ook ware liefde breek.

Op n manier is dit maar net jy,
jy en jy alleen.
Ek en die ek wat ek nie is nie,
want met al die geskaaf en verander
het ek myself al jare terug vermoor.
Tog sit maar die stryd blydmoedig voort,
daar le nog n dag van oorlewing voor.

Op n manier is die lewe sinneloos
En op n manier is die rympie ook.
Karring met die soom wat Hoop vasmaak,
dan trek dit los,
en as dit breek,
val jou drome op die grond.
Hoop is net wensdenkery
wat jou martel hier op aarde.
Los niks oor, en niks om by te kry,
klaar in die hel met geen genade.
Die hartseerste van alles is
maak enige iets tog eintlik saak?

Op n manier is dit maar net jy,
jy en jy alleen.
Ek en die ek wat ek nie is nie,
want met al die geskaaf en verander
het ek myself al jare terug vermoor.
Tog sit maar die stryd blydmoedig voort,
daar le nog n fokken dag van oorlewing voor.



Ciao ciao vir nou.