Kraai se gevoelens oor die
lewe kan die beste beskryf word deur die twee gedigte hieronder. Ek sal my sienings op n latere datum post.
Robert Lee Frost was n
Amerikaanse digter wie met vier Pulitzer Pryse vir Digkuns gedurende sy leeftyd
vereer is. In sy gedig “A Question” vra hy n vraag, op n pragtige manier, wat
die pessimistiese Kraai gereeld, sonder aanvraag, deur my kop stuur.
A Question
A
voice said: Look me in the stars
and
tell me truly men of earth
if
all the soul-and-body scars
were
not too much to pay for birth
Dit is een van my
gunsteling gedigte. Kort en kragtig.
Lank, lank gelede, toe
perde nog horings gehad het, het Kraai ook probeer om dieselfde gevoel neer te
pen in die gedig “Waar is my Prozac?” Tot sy verdediging moet ek net se dat dit
geskryf is lank voordat ons Frost ontdek het. So oordeel asseblief maar
sagkuns.
Waar is my Prozac?
Op
n manier is God meer as gevoeloos.
En
op n manier is die liefde ook.
Net
uit genade tel Hy jou op,
uit
die stof,
vorm
die klei,
maar
laat jou half gebroke.
Hy
blaas lewe deur jou nek,
sodat
jy kan asemhaal,
en
sit jou dan in hierdie plek,
en
wag rustig dat jy moet faal.
Die
hartseerste van alles is,
dit
voel vir my Hy line ons op.
Op
n manier is die liefde nutteloos
En
op n manier is die lewe ook.
Herringeringe
wat jy saam sleep,
raak
morsig,
daarna
verlep,
en
laat jou saam met spoke slaap.
Selfs
die een wat jy bemin
los
littekens in jou hart.
Liefde
gee dalk die lewe sin,
maar
wat jy leen word terug gevat.
Die
hartseerste van alles is,
ek
weet ook ware liefde breek.
Op
n manier is dit maar net jy,
jy
en jy alleen.
Ek
en die ek wat ek nie is nie,
want
met al die geskaaf en verander
het
ek myself al jare terug vermoor.
Tog
sit maar die stryd blydmoedig voort,
daar
le nog n dag van oorlewing voor.
Op
n manier is die lewe sinneloos
En
op n manier is die rympie ook.
Karring
met die soom wat Hoop vasmaak,
dan
trek dit los,
en
as dit breek,
val
jou drome op die grond.
Hoop
is net wensdenkery
wat
jou martel hier op aarde.
Los
niks oor, en niks om by te kry,
klaar
in die hel met geen genade.
Die
hartseerste van alles is
maak
enige iets tog eintlik saak?
Op
n manier is dit maar net jy,
jy
en jy alleen.
Ek
en die ek wat ek nie is nie,
want
met al die geskaaf en verander
het
ek myself al jare terug vermoor.
Tog
sit maar die stryd blydmoedig voort,
daar
le nog n fokken dag van oorlewing voor.
Ciao
ciao vir nou.