Thursday, 10 September 2015

Aangename kennis

Iemand het eendag gese “Wie is jy?” is n vraag waarop n naam nooit die regte antwoord is nie. Dit plaas my in n penarie omdat ek nog steeds op soek is na die regte antwoord op hierdie eenvoudige vraag.
Ek skryf uitsluitlik, meestal gedigte of rympies (hang alles af van hoe jy dit ervaar), om my eie duiwels, en miskien ook van joune, te troef. Bly daarom maar geduldig asseblief. Miskien kry ons altwee die antwoord tussen die posts, of in die feedback, van hierdie blog. So wees maar rojaal met jou comments. Ek en Kraai sal dit waardeer, veral die kritiek.

So 46-47 jaar gelede is ek gebore en Kraai het, so ver ek kan onthou, kop uitgesteek toe ek skaars 14 jaar oud was. Van toe af is ons soos n Siamese tweeling verbind waar die een nie sonder die ander kan oorleef nie.

Kraai het nog altyd alles in die lewe bevraagteken. Selfs van sy doekdae af. Ons samelewing. Ons uitkyk op die lewe. Godsdiens. Ons Volk. Waarkom ons verdaan? Wie maak die besluit oor wie en wat is reg of verkeerd? Waar ek partykeer nog miskien n Godswater-oor-Gods-akker houding het is daar n nimmereindende stortvloed van hoekoms en waaroms van sy kant af!

Aai hoe wens ek Google was al daar daardie tyd! Selfs met al sy malles, doemprofete en teenstrydighede. Dit sou soveel makliker gewees het as om in die biblioteek op n klein dorpie na inligting te soek. Die boeke waarna Kraai hartstogtelik op soek was was in elk geval verban of onbekombaar om so jong siele te beskerm teen die versoekinge van die wereld. Kinders was daardie tyd mos gesien en nie gehoor nie. Geleer om te luister en nie te vra nie. 

Alhoewel hy onmoontlik was, en ons n baie eenvoudiger lewe kon gehad het deur op minder mense se tone en selfaangesteldheid te trap, moet ek se dat daar nooit n vervelige oomblik saam met hom was nie. Niks in sy oe was wit of swart nie. Alles was geverf in n skadkeuring van Vaal Japie Trekker grys. En niks het sederdien hier omtrent verander nie.

Saam het ek en Kraai baie ervaarings deur gemaak en foute gemaak, maar tog besef ons moet saamwerk want nie een was bereid om in te gee nie. Teen die middel van my tweede jaar diensplig was Kraai mondig en kon ons op n beskaafde manier begin debateer en redeneer. 

Deur die jare het ons mekaar begin verdra en so is dit tot vandag toe.