Friday 25 March 2016

Blou Trane

Ek maak die blou woorde
in stom stilte voor my nat.
Met lou trane
van ou herrineringe wat
by die Fontein van Verlange,
diep hier binne in my hart,
sonder keer op wel en borrel,
en dan by my oe oorloop.

Gesmelte woorde kruip
om hul naastes uit te moor.
Die skrif verdrink,
dit syfer weg en raak verloor,
en net half verminkte sinne
se krulle bly oor as spoor
van gewonde pyn gedagtes
wat ek met rou hartseer doop.

Ek dink die heeltyd aan jou,
al die vele gisters, vandag en nou.
Dink jy nog nou en dan aan my,
of het jy my ook al klaar vergeet?
Waarom kom jy my dan nie red nie
soos met al die kere vantevore,
want alleen Die Here weet,
ek het jou nou nodiger as ooit,
sonder jou is ek verlore?

Soos die rye woorde,
voor my op die lessenaar,
raak jou skimbeeld
ook al dowwer en deurmekaar.
So verdwyn n stukkie legkaart
uur na dag na week na jaar
en los jy stadig, stadig op
in stille verlede tyd.

n Kruis is al teken
van jou vlietende bestaan.
Jy’s vir ewig
na Vader Dood se kluis verban,
maar in drome onder die lig
van n dowwe skrikkel maan
vind ek tog n towersleiutel
om die slot weer oop te sluit.

Waar ek gaan sal ek jou vat,
gebere in mooi prentjies in my hart.
Jou lag, jou lyf, jou oe, jy,
alles wat van jou my droomvrou maak.
Ek bly lewe in die verlede,
en teer in die verlore towertyd
op lang vergete vrede,
want my toekoms is sonder keuse,
by jou bagasie ingesluit.

No comments:

Post a Comment