Tuesday 14 November 2017

Hallo Vreemdeling

Jy't my nooit ontmoet nie,
aangename kennis nie te wel.
Mag nie met jou praat nie,
maar die stilte maak my mal.
Ek hoop jy hoor die woorde
regtig diep van uit my hart, so:

Sorry Vreemdeling,
iewers ver van hier,
daar's geen meer geheime,
niks om te vertel.
Ek weet jy sien in vrede en
eintlik wou ek jou net vra:

Ek het haar lank voor jou
al rerig lief gehad,
so sal jy haar beskerm,
te veel hartseer is daar klaar?
Ek sal eendag dankie se.
Sorry Vreemdeling.

Jou rusplek in die skemer,
agter die laaste, verste ster,
maak my kindersiel nog bang,
maar my sitplek is bespreek
en ek kry jou by die stasie,

reg anderkant die skadu van die maan.